Oolfant se potgooi
Welkom by oolfant se potgooi. Ons leuse is oos, wes, tuis bes, want ons wil van tuisonderwys ontwerperonderwys maak.
Oolfant se potgooi
Skitterplanne vir minder skermtyd
•
Marisa Haasbroek
•
Season 1
•
Episode 37
Ons weet almal ons kinders behoort minder tyd op skerms deur te bring. Dit sluit rekenaars, tablette en selfone in.
Maar hoe doen mens dit?
En hoe doen jy dit sonder ʼn geveg?
Ek dink nie dis realisties om ons kinders heeltemal weg te hou van alle skerms af nie.
In hierdie week se potgooi praat ek oor maniere waarop ons ons kinders se skermtyd beter kan bestuur.
Jy gaan onder meer hoor:
- Van die beroemde navorsing met die malvalekkers en hoe dit jou meer leer oor skermtydbestuur
- Hoe insig in jou eie gedrag op Facebook jou kan help met jou kinders se skermgedrag
- Wat gebeur as rotte wat verslaaf is aan kokaïen totaal vrye toegang daartoe kry
- Van twee effektiewe maniere waarop jy jou kind se skermtyd kan beperk
- Van ʼn oulike speletjie wat jy met jou kinders kan speel waar sakgeld, skermtyd en leestyd ʼn rol speel