Oolfant se potgooi
Oolfant se potgooi
Reis sing-sing en speel-speel deur Suid-Afrika
Hierdie week stel ek graag twee tuisskoolma’s bekend wat ʼn Aardrykskunde kurrikulum vir hulle eie kinders ontwikkel het wat hulle graag saam met ander ma’s in ʼn ko-op wou gebruik. Maar soos wat die jaar aangestap het, het Annerien Potgieter en Martie Erasmus besef die leerplan is so heerlik dat hulle besluit het om ʼn boek daarvan te maak en dit ook aan ander ma’s beskikbaar te stel.
Die boek is in 13 hoofstukke verdeel, een oor elke provisie van Suid-Afrika. Verder ook die inleidende hoofstuk oor waar Suid-Afrika in die groter kontinent van Afrika inpas. Die slothoofstukke is samevattings wat ook ʼn skattejag insluit.
Luister gerus na hierdie episode en
· Hoor hoe sing die jonge Potgieters en Erasmusse die liedjie oor die Noord-Kaap
· Onthou al liedjies in die boek is HIER op YouTube beskikbaar as julle dit ook wil leer
· Wat jy met ʼn walvis in hierdie boek gaan doen
· Hoekom jy as ma elke keer as julle Dag 9 van elke hoofstuk tref, sooo bly gaan wees
· Hoe jy maklik jonger kinders (jonger as 8 jaar) by die aktiwiteite kan betrek
As jy belangstel om die boek te koop, stuur ʼn e-pos na die bestellings@lampmedia.co.za of kontak vir Annerien op WhatsApp by 079 491 9160. Die boek kos R350 plus posgeld.